Meer oor my

Kwalifikasie

Dr. Erika Hitge beskik oor 'n PhD in sielkunde wat sy by NWU verwerf het.

My praktyk is 'n tuiste vir mense wat seer het, emosioneel wil groei en nuwe vaardighede (beroeps of lewensvaardighede) wil aanleer.

 

Registrasie

Erika Hitge is lid van die GPRSA (Gesondheids Professie Raad van Suid-Afrika). Registrasie van 'n praktisyn by die GPRSA gee 'n kliënt die versekering dat sy belange bevorder sal word en dat hy beskerming geniet terwyl hy tegelykertyd 'n professionele diens ontvang. Erika is ook 'n lid van COMENSA, PSYSSA, APA en vele ander professionele liggame.

 

Persoonlike waardes

Erika Hitge het 'n sterk geloof dat mense wonderlike kapasiteit het om hul lewens te lei en te geniet en om moeilike omstandighede om te keer en groeigeleenthede daarvan te maak.